Jacques Cousteau

Jacques Cousteau
Jacques-Yves Cousteau in 1976
Gebore11 Junie 1910
Saint-André-de-Cubzac, Gironde, Frankryk
Sterf25 Junie 1997 (op 87)
NasionaliteitVlag van Frankryk Frankryk
BeroepOseanograaf
Bekend virRolprente en ontwikkeling van die duiklong.
EggenootSimone Melchior Cousteau (m. 1937–1990, haar dood)
Francine Triplet Cousteau (m. 1991–1997, sy dood)
Kinders4 (Jean-Michel en Philippe Cousteau ingesluit)

Jacques Cousteau (1910–1997) was ’n Franse ontdekkingsreisiger, beroemd vir sy rolprente oor die plante en diere van die see. Hy het ook die duiklong help ontwikkel.[1] In Frankryk was hy bekend onder die naam le commandant Cousteau ("kommandant Cousteau"), buite Frankryk as Jacques Cousteau of kaptein Cousteau. Hy was 'n Franse erelegioen (Commandeur de l'ordre national de la Légion d'honneur) en is ook met die Grand-Croix de l'ordre national du Mérite vereer.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search